Ezekiel 25:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Omdat Edom teen die huis van Juda gehandel het deur wraak te neem, en grootliks aanstoot gegee het en hom op hulle gewreek het;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die oppermagtige Here sê: Die mense van Edom het afgryslik gehandel toe hulle hulleself op die mense van Juda gewreek het.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het --
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Edom het sy wraaksug op Juda uitgestort, hy het hom skuldig gemaak aan 'n misdaad toe hy teen Juda wraak geneem het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat Edom met wraaksug opgetree het teen die huis van Juda, hulle volledig skuldig gemaak het deur op hulle wraak te neem,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Edomiete het baie slegte dinge gedoen aan die volk Juda. Die Edomiete is skuldig, hulle het slegte dinge gedoen aan die mense van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, Esegiël se God: “Die mense van Edom het sleg opgetree toe hulle wraak geneem het op die mense van Juda, toe die Babiloniërs die mense van Juda verslaan het.