Ezekiel 25:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | aan die manne van die Ooste saam met die Ammoniete, en sal hulle in besit gee, sodat aan die Ammoniete nie gedink word onder die nasies nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gee Moab oor aan die mense van die ooste, net soos Ek met Ammon gemaak het. Die Ammoniete sal nie meer tussen die nasies getel word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal nie meer onder die nasies gedink word aan die Ammoniete nie, en Ek maak Moab saam met die land van die Ammoniete 'n besitting van die mense uit die ooste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan mense uit die ooste sal Ek die land as eiendom gee saam met die Ammoniete, sodat daar onder die nasies nie meer aan die Ammoniete gedink sal word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die lande van die Moabiete en die Ammoniete vir die Oosmense gee, dit sal aan hulle behoort. Niemand van die ander volke sal nog aan die Ammoniete dink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gee julle land vir die inwoners van die woestyn aan die oostekant, nes Ek met Ammon gemaak het. Daarom sal die Ammoniete nie langer ’n nasie wees nie. |