Ezekiel 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat dit woede kan laat opkom om wraak te neem; Ek het haar bloed op die top van 'n rots gesit, sodat dit nie bedek sou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal Ek haar bloed op die rotse laat spat om te wys hoe kwaad Ek vir haar is. Niemand sal dit probeer toesmeer nie.
Afrikaans 1933/1953 Om grimmigheid te verwek, om wraak te neem, het Ek sy bloed op 'n kaal rots neergesit, dat dit nie toegemaak sou word nie.
Afrikaans 1983 My toorn het ontbrand, Ek sal wraak neem: Ek vergiet sy bloed op 'n kaal klip, dit sal nie bedek word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om woede op te wek, om wraak te neem, het Ek die bloed op die kaal rotsplaat gelaat, sodat dit nie bedek word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het die bloed daar op die kaal rots laat bly waar almal dit kon sien. Die bloed moes My baie kwaad laat word, sodat Ek hulle sal straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sal Ek haar bloed ook so laat spat dat enigeen dit sal kan sien. Ek gaan dit doen omdat Ek kwaad is oor wat julle gedoen het en wraak gaan neem daaroor.”