Ezekiel 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want haar bloed is in haar; sy het dit op die top van 'n rots gesit; sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Haar boosheid is vir almal duidelik. Sy maak sommer net dood en los die bloed op die rotse sodat almal dit kan sien. Sy probeer dit nie eens toesmeer nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die stad se bloed is binne-in hom; op 'n kaal rots het hy dit neergesit; hy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.
Afrikaans 1983 Die bloed wat deur die stad vergiet is, is binne-in hom; hy het dit op 'n kaal klip vergiet, hy het dit nie op die grond uitgegooi sodat die stof dit kon bedek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, haar bloed is in haar. Op 'n kaal rotsplaat het sy dit laat beland; sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met los grond te bedek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die mense in die stad het mense vermoor, en hulle het die bloed van daardie mense op 'n kaal rots laat bly lê, hulle het nie die bloed op die grond uitgegooi sodat die stof dit kan toemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal kan duidelik sien hoe sleg die stad is. Die mense van die stad pleeg moord en was nie eens die bloed af nie. Die stad probeer nie eens haar slegte dade wegsteek nie.