Ezekiel 24:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Wee die bloedstad, die pot wie se skuim daarin is en wie se skuim nie daaruit gegaan het nie! bring dit stukkie vir stukkie uit; laat daar nie veel op val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die oppermagtige Here sê: Rampe wag verseker vir Jerusalem, die stad vol moordenaars! Sy is ’n pot vol korrupsie. Vat dan die vleis stuk vir stuk, sonder om uit te soek.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad, die pot waar roes in is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; geen lot is daaroor gewerp nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting, die verroeste pot waarvan die roes nie wil afkom nie. Haal stuk vir stuk vleis uit, moenie uitsoek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Daarom,” so sê my Heer, die Here: “Wee die stad van bloedskuld – 'n pot met roes daarin! Die roes sal nie afkom nie! Stuk vir stuk moet jy die vleis uithaal. Die lot word nie oor die stad gewerp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Waarlik, dit sal sleg gaan met die stad waar baie mense se bloed gevloei het. Die stad is soos 'n pot wat geroes is, die roes kan nie afkom nie. Jy moet elke stuk vleis uithaal, jy moenie uitsoek en kies nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê dan vir hulle dis wat die Here, Esegiël se God, vir hulle hierdeur wil sê: Jerusalem gaan definitief verwoes word. Want dit is ’n stad vol mense wat ander doodmaak. Jerusalem is ’n pot vol korrupsie. Haal nou die vleis stuk vir stuk uit. Moenie uitkies watter stuk jy eerste vat nie.