Ezekiel 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem die keuse van die kleinvee en verbrand ook die bene daaronder, en laat dit goed kook, en laat hulle die bene daarin kook. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gebruik net die beste skaap uit jou kudde en pak hout op die vuur onder die pot. Laat die pot kook, kook die bene saam met die vleis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem die beste van die kleinvee, en ook 'n stapel hout daaronder; laat dit sterk opborrel; ook moet die bene daarin kook. |
| Afrikaans 1983 | vat van die beste skape. Pak die brandhout in 'n ring onder die pot en laat dit kook; maak die bene gaar saam met die vleis in die pot.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die beste van die kleinvee, neem dit, pak ook bene onder die pot. Bring die kooksel in die pot tot by kookpunt, ook die bene moet daarin gaar kook. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet van die beste skape en bokke neem, jy moet hout onder die pot pak, en jy moet alles kook. Jy moet die vleis en die bene in die pot gaarmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gebruik net die beste skaapvleis. Maak ’n ordentlike vuur onder die pot. Kook die vleis, die bene saam met die vleis. |