Ezekiel 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vertel 'n gelykenis aan die wederstrewige huis en sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Sit op 'n pot, sit dit op en gooi ook water daarin:
Afrikaans (NLV) 2011 Gee dan ’n gelykenis vir hierdie opstandelinge. Gaan sê vir hulle wat die oppermagtige Here sê: “Sit ’n pot water op die vuur om te kook.
Afrikaans 1933/1953 En dra aan die wederstrewige huis 'n gelykenis voor en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Sit die pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.
Afrikaans 1983 Vertel vir dié weerbarstige volk 'n gelykenis. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: “Sit 'n pot op die vuur, sit dit op en gooi daar water in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vertel dan vir die rebelse huis 'n gelykenis, en sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Sit 'n pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir hierdie opstandige volk 'n gelykenis vertel. Jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy moet 'n pot op die vuur sit, jy moet dit opsit en jy moet water daarin gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En wys dan vir hierdie opstandige klomp mense saam met jou iets. Sê vir hulle dis die Here, die God van Esegiël, wat dit vir hulle wil wys. Sit ’n pot met water op die vuur sodat die water begin kook.