Ezekiel 24:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal jou mond oopgemaak word vir die een wat vrygeraak het, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie; en jy sal vir hulle 'n teken wees; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as hy hier aankom, sal jy jou stem skielik terugkry sodat jy met hom sal kan praat. Jy sal ’n teken vir hierdie mense wees. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag sal jou mond geopen word tegelyk met die van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle 'n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Dié dag sal jy kan praat met die vlugteling, jy sal praat en nie meer stom wees nie. So sal jy vir hulle 'n voorbeeld wees, en hulle sal besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal jou mond oopgaan teenoor die een wat ontkom het; jy sal kan praat, en jy sal nie meer stom wees nie. So sal jy vir hulle 'n teken wees, en hulle sal besef dat Ek die Here is.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal jy weer kan praat. Jy sal met die man praat en jy sal vir jou mense 'n teken wees, en hulle sal weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En wanneer hy hier aankom, sal jy weer jou stem terugkry sodat jy met hom sal kan praat. Tot dan maak Ek jou stom. Ek maak jou ’n voorbeeld vir my volk, want hulle sal stomgeslaan wees oor wat Ek aan Jerusalem gaan doen. Daardie dag sal hulle weet en erken dat Ek die Here is.” |