Ezekiel 24:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook, jy mensekind, sal dit nie wees op die dag wanneer Ek van hulle hul krag neem, die vreugde van hul heerlikheid, die begeerte van hul oë, en waarop hulle hul gedagtes gerig het nie, hul seuns en hul dogters, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê toe ook nog vir my: “Mensekind, die dag as Ek hulle vesting wegvat, hulle vreugde en glorie, hulle harte se begeerte en hulle kosbaarste besitting, sal Ek ook hulle seuns en dogters wegvat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat jou aangaan, mensekind, sekerlik, die dag as Ek hulle vesting van hulle af wegneem, hulle heerlike vreugde, die lus van hulle oë en die verlange van hulle siel, hulle seuns en hulle dogters, |
| Afrikaans 1983 | “En jy, mens, die dag wanneer Ek hulle vesting wegvat, hulle vreugde en hulle roem wat hulle soveel vreugde gee en alles is wat hulle begeer, en ook hulle seuns en hulle dogters, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘En jy, mensekind, die dag wanneer Ek hulle bergvesting van hulle wegneem, hulle pragtige bron van vreugde wat so kosbaar is in hulle oë, hulle hartsverlange, ook hulle seuns en dogters, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, mens, hulle dink die tempel beskerm hulle. Die tempel is vir hulle mooi en hulle is bly dat dit daar is, hulle is lief vir die tempel en dit maak die lewe vir hulle mooi. Maar Ek sal dit wegvat van hulle, en Ek sal ook hulle seuns en hulle dogters wegvat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here ook nog vir my gesê: “Mens, op dieselfde dag as Ek die stad Jerusalem verwoes waarop hulle so trots was en waar hulle geskuil het, sal Ek ook hulle seuns en dogters laat doodmaak. Hulle sal hulle kinders en hulle stad, hulle kosbaarste besittings op een dag verloor. |