Ezekiel 24:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle bande sal op julle koppe wees en julle skoene aan julle voete; julle mag nie treur en nie ween nie; maar julle sal wegtreur oor julle ongeregtighede en die een oor die ander treur.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal nie rouklere aantrek nie. En julle sal nie huil en treur nie. Nee, julle sal vergaan onder die straf vir julle sondes. Julle sal stilweg huil oor die bose dinge wat julle aangevang het.
Afrikaans 1933/1953 En jul hoofdoek sal op julle hoofde wees en jul skoene aan julle voete; julle sal nie rouklaag of ween nie, maar wegteer in julle ongeregtighede en sug, die een teen die ander.
Afrikaans 1983 Julle sal tulbande op hê en skoene aan, julle sal nie treur nie en nie huil nie. Van julle sonde sal julle wegteer en by mekaar sit en kla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle tulbande moet op julle koppe wees, en julle sandale aan julle voete; julle mag nie rou en treur nie. Maar julle sal wegteer weens julle sondeskuld en sug teenoor mekaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle tulbande sal op julle koppe wees en julle skoene sal aan julle voete wees. Julle sal nie rou en huil nie. Julle sondes sal julle swak laat word, julle sal by mekaar sit en kla.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal nie kan wys dat julle hartseer is nie. Julle sal nie kan huil en treur nie. Want julle sal uitteer omdat Ek julle sal straf vir al die slegte dinge wat julle gedoen het. Julle sal huil waar niemand julle kan sien nie oor al die slegte dade wat julle gedoen het.