Ezekiel 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ek in die môre met die volk gespreek, en teen die aand het my vrou gesterwe; en ek het in die môre gedoen soos my beveel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het dit die volgende môre vir die mense gesê. Daardie aand het my vrou gesterf. Die volgende oggend het ek alles gedoen wat ek beveel is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek die môre met die mense gespreek, en die aand het my vrou gesterwe; en ek het die volgende môre gedoen soos dit my beveel was. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die môre nog met die volk gepraat, en die nag het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend gedoen soos ek beveel is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het die oggend met die mense gepraat, en die aand het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend toe gedoen soos ek beveel is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het in die oggend met die volk gepraat, en my vrou het daardie aand gesterf. Die volgende oggend het ek gedoen wat die Here vir my gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die volgende oggend vir my mense gesê wat die Here gesê het. En daardie aand is my vrou dood. Die volgende oggend het ek alles presies gedoen soos die Here vir my gesê het om te doen. |