Ezekiel 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hou op om te huil, moenie treur oor die dooies nie, bind die band van jou hoof op jou en trek jou skoene aan aan jou voete, en bedek jou lippe nie en eet nie die brood van mense nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy mag sug, maar net saggies by jouself. Jy mag ook nie by haar graf huil nie. Moenie doen wat mense doen en eet wat hulle eet as hulle oor die dood van ’n geliefde rou nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sug in stilte; oor die dooies mag jy geen rou bedryf nie; bind jou hoofdoek vir jou om en trek jou skoene aan jou voete; jy mag ook die baard nie bedek nie en die brood wat die mense bring, nie eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet in stilte sug, jy mag nie rou nie. Hou jou tulband op en jou skoene aan. Moenie jou baard bedek nie en moenie eet wat mense gewoonlik by so 'n geleentheid eet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sug in stilte. Aan 'n rouplegtigheid vir dooies mag jy nie deelneem nie. Bind jou •tulband om jou kop en trek jou sandale aan jou voete. Moenie jou snor bedek nie, en kos wat mense vir jou bring, mag jy nie eet nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet saggies kla en sug sodat niemand jou hoor nie, jy moenie huil en treur nie. Jy moet jou tulband op jou kop hou en jy moet jou skoene aan jou voete hou. Jy moenie jou gesig toemaak nie en jy moenie begrafnis-kos eet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy mag sug, maar net saggies. Ook as julle haar begrawe, mag jy nie hard huil nie. Jy mag op geen manier verraai dat jou hart stukkend gebreek is deur jou vrou se dood nie. En as vriende jou wil troos of vir jou kos wil bring omdat jou vrou nie meer daar is om vir jou te sorg nie, mag jy dit nie aanvaar nie.” |