Ezekiel 24:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, kyk, Ek neem die begeerte van jou oë met 'n slag weg; maar jy mag nie treur en ween nie, en jou trane sal nie loop nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, Ek gaan jou vrou, jou kosbaarste skat, van jou wegneem. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag op geen manier wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag nie ’n traan stort nie.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, kyk, Ek neem die lus van jou oë van jou af weg deur 'n sware slag; nogtans mag jy nie rouklaag of ween nie, en jou trane mag nie kom nie.
Afrikaans 1983 “Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur 'n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie 'n traan stort nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, kyk, Ek gaan wat jy kosbaar ag, met 'n swaar slag van jou wegneem. Maar jy mag nie rou en treur nie; jou trane mag nie vloei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, Ek weet jy is baie lief vir iemand. Ek wil daardie persoon skielik wegneem, maar jy moenie rou en huil nie, jou trane moenie vloei nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, Ek gaan jou kosbaarste skat, jou vrou wat jou soveel vreugde gebring het, van jou af wegvat. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag nie vir een oomblik wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag geen traan stort nie.