Ezekiel 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek, die HERE, het dit gespreek; dit sal gebeur, en Ek sal dit doen; Ek sal nie teruggaan nie, en ek sal nie spaar nie, en ek sal my nie bekeer nie; volgens jou weë en volgens jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek, die Here, het so gesê! Die tyd het gekom en niks kan dit terughou nie. Ek verander nie van gedagte nie. Ek sal jou nie weer jammer kry nie. Jy sal geoordeel word op grond van jou afskuwelike dade, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek, die HERE, het dit gespreek; dit kom, en Ek sal dit doen; Ek sal nie ophou nie en sal nie verskoon of berou hê nie; volgens jou wandel en jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here, het gepraat. Dit kom, Ek gaan dit doen. Ek gaan nie maak of Ek niks sien nie, Ek gaan nie verskoon en nie jammer kry nie. Jy gaan gestraf word soos jy verdien, soos jou optrede dit eis,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Ek, die Here, het gepraat. Dit is aan die kom; Ek gaan dit doen; Ek sal dit nie nalaat nie; Ek sal nie jammer kry nie. Volgens jou optrede, volgens jou dade, sal hulle jou oordeel.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, die Here, het gepraat. Jou straf sal kom, Ek sal dit doen. Ek sal dit nie los nie, Ek sal nie jammer wees vir jou nie, Ek sal nie my plan verander nie. Ek sal jou straf oor die dinge wat jy gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is Ek, die Here, wat gepraat het. Dis nou tyd dat julle gestraf word. En Ek sal julle nie jammer kry nie. Ek sal nie van gedagte verander nie. Julle moet maar julle volle straf dra. Julle sal gestraf word vir al die slegte dade wat julle gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël. |