Ezekiel 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In jou onreinheid is skandelikheid; omdat Ek jou gereinig het, en jy nie gereinig is nie, sal jy nie meer gereinig word van jou onreinheid nie, totdat Ek my grimmigheid oor jou laat rus het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die vuilheid is jou afskuwelike dade. Ek het jou probeer skoonmaak, maar jy het geweier. Daarom sal jy vuil bly tot my wraak teen jou afgekoel is.
Afrikaans 1933/1953 Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig het en jy nie rein geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.
Afrikaans 1983 is jou afstootlike onreinheid. Ek wou jou reinig, maar jy het nie rein geword nie. Jy gaan nou ook nie meer rein word voordat Ek my woede op jou gekoel het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou onreinheid is 'n skandelike daad. Omdat Ek jou wou reinig, maar jy nie van jou onreinheid wil afsien nie, sal jy nie weer rein wees totdat Ek my woede teen jou tot bedaring gebring het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy, Jerusalem, is onrein, jy het slegte dinge gedoen. Dit is die roes aan die pot. Ek wou jou rein laat word, maar jy het nie rein geword nie en jy sal nie rein word nie. Ek is kwaad en Ek sal jou straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net so is dit met al julle slegte dade en julle aanbidding van die afgode. Ek het probeer om julle skoon te maak. Maar julle het hardkoppig geweier. Daarom sal julle vuil bly tot Ek my woede oor julle afgekoel en julle gestraf het.