Ezekiel 24:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sit dit dan leeg op sy kole, dat sy koper warm kan word en kan brand, en dat die vuilheid daarvan daarin gesmelt kan word, sodat die skuim daarvan verteer kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die leë pot op die kole en maak dit rooiwarm sodat die vuilheid en roes kan afbrand.
Afrikaans 1933/1953 En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei en sy onreinheid kan smelt in hom -- sy roes verteer kan word.
Afrikaans 1983 Laat die pot dan leeg op die kole staan sodat die brons rooiwarm kan word en die onreinheid wat in die pot is, kan smelt en die roes kan afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat die pot leeg staan op die kole, sodat dit warm kan word, die brons daarvan kan gloei, die •onreinheid daarin kan smelt, die roes daarvan kan wegbrand!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet jy die pot leegmaak en jy moet dit op die vuur laat staan sodat dit baie warm kan word. Doen dit sodat die pot rooiwarm word en alles kan smelt wat die pot onrein maak. Dan sal die roes kan afkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sit dan die leë pot op die vuur sodat dit kan skoon brand.