Ezekiel 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook het sy haar hoererye wat uit Egipte gebring is, nie nagelaat nie; want in haar jeug het hulle met haar gelê, en hulle het die borste van haar maagdelikheid verbrysel en hulle hoerery oor haar uitgegiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sy weggetrek het uit Egipte waar sy saam met jong mans geslaap het wat haar as maagd onteer het, het sy nie opgehou om haar as prostituut aan te bied nie.
Afrikaans 1933/1953 So het sy dan haar hoererye, uit Egipte afkomstig, nie laat staan nie; want hulle het in haar jeug met haar gemeenskap gehad en hulle het haar maagdelike boesem gedruk en hul hoerery oor haar uitgestort.
Afrikaans 1983 Sy het haar onsedelikheid waarmee sy in Egipte begin het, nie laat vaar nie. Hulle het toe sy nog jonk was, by haar geslaap, aan haar borste gevat toe sy nog 'n jongmeisie was. Hulle het hulle luste laat botvier met haar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haar dade van owerspel wat in Egipte begin het, het sy nie laat vaar nie; want die Egiptenare het met haar gemeenskap gehad in haar jeug. Dit is hulle wat haar maagdelike tepels gestreel en hulle owerspeligheid op haar uitgestort het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het in Egipte begin om by mans te slaap en sy het nie opgehou om dit te doen nie. Sy was nog jonk toe hulle by haar begin slaap het. Hulle het aan haar borste begin voel toe sy 'n jongmeisie was. Hulle het met haar gedoen wat hulle wou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want toe sy uit Egipte weggetrek het, het sy nie haar slegte dade agtergelaat nie. Sy het nog nooit opgehou om sleg te doen nie. Sy is nog net so sleg as toe sy ’n jongmeisie in Egipte was. Die Egiptenaars het al by haar geslaap toe sy nog maar ’n jongmeisie was. Hulle het aan haar borste gevat en haar verlei om die vieslikste dinge te doen. Hulle kon nie genoeg van haar kry nie.