Ezekiel 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het sy haar hoererye met hulle gepleeg, met almal wat die uitverkore manne van Assirië was, en met almal op wie sy begeer het; met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy was ’n prostituut vir die begeerlikste Assiriërs. En sy het die gode van haar minnaars aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het -- met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.
Afrikaans 1983 Sy het gewillig met hulle omgegaan, met al die beste Assiriërs. Sy het haar verontreinig met almal na wie sy gesmag het, met al hulle afgode.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het haar dade van owerspel aangebied aan hulle, die keur van die Assiriërs, aan hulle almal; en met almal na wie sy gesmag het, met al hulle afgodsbeelde, het sy haar verontreinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ohola het graag by hulle geslaap, sy het by al die beste Assiriërs geslaap. Sy was baie verlief op hulle en sy het haarself onrein gemaak met al hulle afgode.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samaria het haarself vir die aantreklikste mans van Assirië gegee en by hulle geslaap. Sy het hulle afgode aanbid.