Ezekiel 23:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal julle skandelike dade op julle vergelde, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die HERE HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal gestraf word vir julle afskuwelike optrede, toe julle afgode aanbid het. Julle sal die straf moet dra! Dan sal julle agterkom dat Ek die oppermagtige Here is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is. |
| Afrikaans 1983 | “Julle afstootlike gedrag sal op julle eie kop afkom, julle sal die straf dra vir julle sonde met julle afgode. Dan sal julle besef dat Ek die Here God is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal julle skandelike dade op julle koppe laat neerkom; julle sonde met julle afgodsbeelde sal julle moet dra. Dan sal julle besef dat Ek my Heer, die Here, is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So sal julle die straf kry vir die slegte dinge wat julle gedoen het toe julle die afgode gedien het. Julle sal weet dat Ek die Here is, Hy wat Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal elke sent betaal van die skuld van julle slegte dade en julle aanbidding van afgode. Ja, Ek sal julle straf soos dit hoort. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here God is.” |