Ezekiel 23:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE HERE: Ek sal 'n menigte oor hulle laat opkom en hulle gee om weg te ruim en te verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Bring ’n hele leër teen hulle en laat hulle geterroriseer en geplunder word! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die Here HERE: Laat hulle teen hulle 'n vergadering oproep en hulle tot 'n skrikbeeld maak en 'n plundering. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Roep 'n volksvergadering teen hulle saam, maak van hulle iets waaroor mense met afgryse vervul word en laat hulle geplunder word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê my Heer, die Here: “Laat 'n skare teen hulle optrek, en gee hulle oor aan verskrikking en plundering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy moet 'n volksvergadering laat bymekaarkom om die twee vroue te oordeel. Almal moet skrik wanneer hulle sien wat met die vroue gebeur, almal moet sien dat daar niks van hulle oorbly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So besluit die Here, die God van Esegiël, oor die twee susters: “Bring ’n hele leërmag teen hulle. Laat die soldate hulle vernietig en verwoes. |