Ezekiel 23:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die regverdige manne, hulle sal hulle oordeel volgens die wyse van owerspeliges en volgens die wyse van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspelsters, en bloed is in hulle hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Regverdige mense sal die twee susterstede oordeel vir wat hulle eintlik is: egbrekers en moordenaars. Regverdige mense sal hulle die straf oplê wat hulle verdien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En regverdige manne, die sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande. |
| Afrikaans 1983 | Regverdige manne moet oor dié vrouens oordeel volgens die bepaling oor owerspel en die bepaling oor bloedvergieting, want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar regverdige mans, hulle sal die vroue veroordeel volgens die vonnis van egbreeksters en die vonnis van hulle wat bloed vergiet. Ja, egbreeksters is hulle, en bloed is aan hulle hande.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manne wat reg doen, moet hierdie vroue oordeel. Hulle moet hulle oordeel soos mense vroue oordeel wanneer hulle egbreuk gepleeg het en mense vermoor het. Want hierdie twee vroue het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat reg leef, sal besluit wat met hierdie twee susters, die twee stede, gedoen moet word. Hulle sal hulle sien vir wat hulle is: vroue wat by ander mans slaap en mense doodmaak. En hulle sal hulle straf met die straf wat hulle verdien.” |