Ezekiel 23:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek vir haar wat oud was deur owerspel: Sal hulle nou met haar hoereer, en sy met hulle?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Ek gesê: ‘Het hulle by ’n ou prostituut wat opgebruik is, kom slaap? Dis wat sy is!’
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.
Afrikaans 1983 Ek het gedink: kom hulle owerspel pleeg met 'n vrou wat klaar opgebruik is? Het sy nou 'n gewone hoer geword?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het oor haar wat afgeleef is van owerspel, gesê, ‘Nou gaan hulle voort met haar owerspel; maar dit is hoe sy is!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gedink: Sy is moeg van egbreuk pleeg, wil sy nou aanhou om ontrou te wees?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis toe dat Ek gesê het: As hierdie mans dan nou regtig by sulke vroue wil slaap wat hulleself aan slegte dade oorgegee het, laat hulle dan maar daar slaap!