Ezekiel 23:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en op 'n deftige bed gaan sit en 'n tafel daarvoor berei, waarop U my reukwerk en my olie neergesit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het saam met hulle op ’n mooi bed gaan sit. Die wierook en olie wat Ek vir jou gegee het, het jy op die tafel voor jou geplaas.
Afrikaans 1933/1953 En jy het gesit op 'n pragtige bed waarvoor 'n tafel reggemaak is en waar jy my reukwerk en my olie op neergesit het;
Afrikaans 1983 Jy het op 'n pragtige bed gesit en voor jou was 'n gedekte tafel waarop jy my wierook en my olie gesit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het op 'n statige bed gesit, met 'n voorbereide tafel daarvoor. My reukwerk en my olie het jy daarop neergesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het gaan sit op 'n baie mooi bed, en jy het 'n tafel voor die bed gesit. Op die tafel het jy my wierook en my olyf-olie gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En julle het saam met hulle op julle beste meubels gaan sit. Toe het julle die wierook en olie wat Ek vir julle gekoop het, uitgehaal en dit vir hierdie mans gebruik.