Ezekiel 23:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En verder, dat julle mense gestuur het om van ver af te kom, na wie 'n boodskapper gestuur is; en kyk, hulle het gekom; vir wie jy jou gewas het, jou oë geverf het en jou met versierings getooi het,
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle het boodskappers na ver lande gestuur om mans te kry. Toe hulle aankom, het jy jouself vir hulle gebad, jou gesig opgemaak en jou mooiste juwele aangesit om hulle te beïndruk.
Afrikaans 1933/1953 Ja, hulle het selfs na manne gestuur wat van ver gekom het -- aan wie 'n boodskapper gestuur is, en kyk, hulle het gekom! -- vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en sierade aangesit het.
Afrikaans 1983 “Ja, jy het mans van ver af laat kom, jy het boodskappers na hulle toe gestuur en hulle het gekom. Jy het gebad, jou oë geverf en jou juwele aangesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar erger nog: Hulle ontbied toe mans wat van ver af kom, mans na wie 'n boodskapper gestuur is! En kyk, hulle het gekom, die mans vir wie jy jou gewas, jou oë geverf, en jouself met juwele versier het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook boodskappers gestuur om manne te nooi, die manne moes van ver kom. Toe die boodskapper by hulle kom, het hulle dadelik gekom. Jy, Oholiba, het gebad en jy het verf aan jou oë gesmeer en jy het jou juwele aangesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle twee susters het boodskappers na verre lande gestuur en gevra dat die mans van daardie lande by julle moet kom slaap. En toe hulle by julle aankom, het julle julle gebad en grimering aangesit. Julle het julle beste juwele uitgehaal en vir hierdie mans aangesit.