Ezekiel 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle name was Ohola, die oudste, en Oholiba, haar suster; en hulle was myne, en hulle het seuns en dogters gebaar. So was hulle name; Samaria is Ohola, en Jerusalem Oholiba. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ouer dogter se naam was Ohola, en haar sussie was Oholiba. Ek het met hulle getrou, en hulle het seuns en dogters by My gehad. Ohola is Samaria, en Oholiba is Jerusalem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle name was: Ohola, die grootste, en Oholiba, haar suster; en hulle het myne geword en seuns en dogters gebaar. En wat hulle name betref: Samar¡a is Ohola en Jerusalem Oholiba. |
| Afrikaans 1983 | Die oudste se naam was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het aan My behoort en hulle het seuns en dogters gehad. Ohola se naam was eintlik Samaria en Oholiba s'n was Jerusalem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle name was Ohola, die oudste, en Oholiba, haar suster. Hulle het myne geword en het seuns en dogters in die wêreld gebring. Wat hulle name betref: Samaria is Ohola en Jerusalem is Oholiba. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die naam van die oudste dogter was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het my vroue geword en hulle het seuns en dogters gekry. Ohola is 'n naam vir die stad Samaria, en Oholiba is 'n naam vir die stad Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ouer sussie se naam was Ohola, en haar sussie was Oholiba. Ek het met albei van hulle getrou. Ek het seuns en dogters by hulle gehad. Ohola is eintlik Samaria, en Oholiba is Jerusalem. |