Ezekiel 23:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat hulle owerspel gepleeg het, en bloed is in hulle hande, en met hulle drekgode het hulle owerspel gepleeg en ook hulle seuns wat hulle vir My gebaar het, vir hulle deur die vuur laat gaan om hulle te verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het egbreuk en moord gepleeg — egbreuk deur afgode te aanbid, en moord toe hulle hulle kinders as offers op hulle altare verbrand het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande. Hulle het owerspel gepleeg met hulle afgode en hulle het boonop hulle kinders wat hulle vir My in die wêreld gebring het, as offers laat verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, hulle het egbreuk gepleeg, en daar is bloed aan hulle hande. Met hulle afgodsbeelde het hulle egbreuk gepleeg, en hulle het selfs hulle kinders wat hulle vir My in die wêreld gebring het, vir die beelde as voedsel deur die vuur laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hulle het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor. Hulle was ontrou, hulle het afgode gedien. Hulle het kinders gekry, dit was mý kinders, maar hulle het daardie kinders ook verbrand sodat die afgode hulle kon eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het by ander mans geslaap terwyl hulle met My getroud was. En hulle het ander mense doodgemaak. Hulle het by ander mans geslaap deur voor ander afgode neer te buig. En hulle het moord gepleeg deur hulle kinders as offers voor hulle afgode te verbrand. |