Ezekiel 23:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet dit drink en dit uitsuig, en jy moet sy skerwe breek en jou eie borste afruk, want Ek het dit gespreek, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal die beker drink, dit leeg drink, en dit stukkend breek terwyl jy jou borste oopruk, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 En jy sal dit drink en uitsuig en aan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Jy sal hom leeg drink, alles opdrink, jy sal aan sy skerwe knaag, jy sal jou borste stukkend skeur. Ek, die Here, het gepraat,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal dit drink en leeg slurp, en aan die skerwe daarvan knaag; jy sal jou borste afskeur. Ja, Ek het gepraat.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal alles in die beker drink en jy sal dit leegmaak, en dan sal jy die beker stukkend kou, jy sal jou borste afskeur, want Ek het gepraat.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal die beker wat Ek vir jou gee, moet drink tot die laaste druppel toe. Dan sal jy die beker vat en hom stukkend slaan. En jy sal jou kop teen die muur kap omdat jy sulke dom dinge aangevang het. Dis Ek, die Here, Esegiël se God, wat hier praat.