Ezekiel 23:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal vervul word met dronkenskap en droefheid, van die beker van verbasing en verwoesting, van die beker van jou suster Samaria.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal in jou hartseer soos ’n dronkaard rondslinger, net soos jou sussie, Samaria.
Afrikaans 1933/1953 Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker van jou suster Samar¡a is 'n beker van huiwering en ontsetting.
Afrikaans 1983 Jy sal jou vol drink en dronk word van swaarkry; die beker wat jou suster Samaria moes drink, is 'n beker vol angs en skrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met dronkenskap en verdriet sal jy gevul wees. 'n Beker van vernietiging en verwoesting is die beker van jou suster Samaria.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal dronk word en jy sal baie swaar kry. Jy sal baie bang word en jy sal heeltemal alleen wees wanneer jy die beker drink wat jou suster Samaria moes drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal soos ’n dronklap slinger soos Ek jou gaan slaan. Jy gaan net so swaarkry soos jou suster, Samaria.