Ezekiel 23:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Jy sal van jou suster se beker diep en groot drink; jy sal uitgelag en bespot word; dit bevat baie.
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Jy sal dieselfde beker moet drink as jou sussie, ’n beker wat groot en diep is. Almal sal met jou spot omdat jou straf so groot is.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is -- jy sal tot 'n belagging en 'n spot word -- die beker wat so baie bevat.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Jy sal die beker drink wat jou suster moes drink, 'n diep, wye beker. Jy sal bespot en uitgelag word, want daar is baie in die beker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê my Heer, die Here: “Die beker van jou suster sal jy drink, 'n diep en wye beker. Dit sal 'n gelag en 'n gespot meebring, soveel bevat dit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy sal die beker drink wat jou suster moes drink. Dit is 'n groot beker. Die ander volke sal vir jou lag en hulle sal jou spot, want in die beker is daar baie wat jy moet drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, dis wat die Here, die God van Esegiël, sê: “Ek laat jou uit dieselfde beker drink waaruit jou suster gedrink het. Dit is ’n beker wat tot oorlopens toe vol is met my straf. Die hele wêreld sal sien hoe Ek jou straf, en dan sal hulle vir jou lag en met jou spot omdat Ek jou verwoes het.