Ezekiel 23:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal haatlik met jou handel en al jou arbeid wegneem en jou naak en ontbloot laat; en die skaamte van jou hoererye sal ontdek word, jou skandelikheid sowel as jou hoererye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal jou met haat behandel, alles vat waarvoor jy gewerk het, en jou kaal agterlaat. Die hele wêreld sal jou kaal sien staan in jou afskuwelike onsedelikheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal jou as vyand behandel en al jou goed wegneem en jou naak en bloot laat staan, sodat jou ontugtige skaamte ontbloot kan word. Ja, jou skandelike dade en jou hoererye |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal hulle haat teen jou laat geld, hulle sal alles vat waarvoor jy gewerk het en jou kaal, sonder klere los. Almal sal jou onsedelike naaktheid sien. Jou afstootlike gedrag, jou onsedelikheid |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal met haat teen jou optree, alles wat jy met moeite verwerf het, wegvat, en jou onbedek en kaal agterlaat. Jou ontugtige naaktheid sal ontbloot word. Jou skandelike gedrag en jou dade van owerspel |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [29-30] Hulle sal jou ook haat en hulle sal alles vat wat jy het. Dan sal hulle jou los, kaal en sonder klere. Hulle sal vir almal wys hoe ontrou jy was en watter slegte dinge jy gedoen het. Dit sal met jou gebeur omdat jy ontrou was. Jy was ontrou, jy het die ander volke gevolg en jy het jouself onrein laat word omdat jy hulle afgode aanbid het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle haat jou en sal met jou maak wat hulle wil. Hulle sal vat wat hulle wil hê, en dan sal hulle jou kaal en stukkend los. Die hele wêreld sal jou sien vir wat jy is: ’n slegte vrou wat by ander mans geslaap het. |