Ezekiel 23:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal Ek jou skandelikheid by jou laat ophou en jou hoerery wat uit Egipteland gebring is, sodat jy jou oë nie na hulle sal opslaan en aan Egipte nie meer dink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So maak Ek ’n einde aan jou afstootlike optrede en prostitusie wat jy van Egipte af saamgebring het. Jy sal nooit weer na jou minnaars soek nie, en nie meer aan Egipte dink nie.
Afrikaans 1933/1953 So sal Ek dan by jou 'n einde maak aan jou skandelike dade en jou hoerery, uit Egipteland afkomstig; en jy sal jou oë nie na hulle opslaan en aan Egipte nie meer dink nie.
Afrikaans 1983 Ek gaan 'n end maak aan jou aanstootlike gedrag, jou onsedelikheid wat jy al in Egipte bedryf het. Jy sal nie meer na minnaars kyk nie en nie meer aan Egipte dink nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sal Ek 'n einde maak aan jou skandelike gedrag en hoerery wat in Egipteland begin het. Jy sal nie meer na hulle opkyk en aan Egipte sal jy nie weer terugdink nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So sal Ek jou laat ophou om slegte dinge te doen, jy sal ophou om ontrou te wees soos jy in Egipte was. Jy sal nie weer kan dink aan daardie tyd nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op hierdie manier sal Ek ’n stokkie steek voor jou slegte dade. Jy sal nie meer saam met enige ander man in die bed kan spring nie, soos jy gemaak het vandat jy in Egipte gebly het. Jy sal nooit meer begeer om verkeerde dinge te doen nie, en jy sal ook nie meer wens jy was weer in Egipte nie.”