Ezekiel 23:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal my ywer teen jou stel, en hulle sal met jou handel; hulle sal jou neus en jou ore wegneem; en jou oorblyfsel sal deur die swaard val; hulle sal jou seuns en jou dogters neem; en jou oorblyfsel sal deur die vuur verteer word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek stort my wraak uit oor jou. Hulle sal hulle op jou wreek en jou neus en ore afsny. Enigeen wat dit oorleef, sal in die geveg doodgemaak word. Hulle sal jou kinders wegvoer en alles wat agterbly, verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my ywer teen jou rig, dat hulle in grimmigheid met jou handel: hulle sal jou neus en jou ore afsny, en die wat van jou oorbly, sal deur die swaard val; hulle sal jou seuns en jou dogters wegneem, en wat van jou oorbly, sal deur vuur verteer word. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee my woede teen jou vrye teuels: hulle sal hulle op jou wreek en jou neus en jou ore afsny. Wat van jou inwoners oor is, sal met die swaard doodgemaak word. Hulle sal jou seuns en jou dogters vat, en wat van jou oorbly, sal verbrand word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal my heilige jaloesie teen jou rig, en hulle sal in woede met jou handel. Jou neus en ore sal hulle afsny, en wat van jou oorbly, sal deur die swaard val. Dit is hulle wat jou seuns en dogters sal wegneem; wat van jou oor is, sal deur vuur verteer word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is kwaad vir jou en Ek sal kwaad bly. Hulle is ook kwaad vir jou en hulle sal doen met jou wat hulle wil. Hulle sal jou neus en jou ore afsny en hulle sal jou seuns en dogters wegvat. Die mense wat oorbly, sal in die oorlog sterf, en die vyande sal alles verbrand wat nog in die stad is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek was jaloers op jou, en Ek was kwaad oor wat jy gedoen het. Daarom gee Ek jou oor sodat jou vyande my straf oor jou bring. Hulle sal jou sleg behandel. Hulle sal jou neus en ore afsny soos ’n mens met opstandige vyande van jou doen. En hulle sal almal wat die oorlog oorleef, voor die voet doodmaak. Jou kinders sal as gevangenes weggeneem word na ’n vreemde land. Alles wat in jou oor is, sal tot op die grond afgebrand word. |