Ezekiel 23:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal teen jou kom met strydwaens, waens en wiele en met 'n menigte mense wat 'n skild en skild en helm rondom jou sal opstel; en Ek sal die reg aan hulle voorlê, en hulle sal jou oordeel volgens hulle oordele.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal vanuit die noorde teen jou kom met strydwaens, waens en ’n groot leërmag. Hulle sal aan elke kant teen jou stelling inneem en jou omring met soldate wat gereedstaan vir die geveg. Ek sal jou aan hulle oorgee, en hulle sal met jou maak net wat hulle wil.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal teen jou kom met 'n hoop strydwaens en wiele en met 'n menigte van volke; groot skild en klein skild en helm sal hulle rondom teen jou rig; en Ek sal die strafgerig aan hulle oorgee, en hulle sal jou vonnis volgens hulle reg.
Afrikaans 1983 Hulle sal jou uit die noorde oorval met strydwaens en groot leërmagte. Toegerus met klein en groot skilde en met helms, sal hulle rondom teen jou stelling inneem. Ek gee jou aan hulle oor om jou te straf, en hulle sal jou straf volgens hulle gebruike.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal teen jou optrek uit die noorde met strydwatroepe op wiele en 'n strydmag van manskappe. Met grootskilde, kleinskilde en helms sal hulle teen jou stelling inneem, reg rondom. Ek sal die vonnis aan hulle oorlaat; hulle sal jou oordeel volgens hulle regsreëls.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal uit die noorde kom met oorlogkarre en baie soldate wat skilde en helms het. Hulle sal jou van al die kante aanval. Ek bring hulle om jou te straf, en hulle sal dit doen soos hulle self besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal uit die noorde kom met waens en perde en ’n leërmag met baie wapens, gereed om jou aan te val. Hulle sal jou met al hulle soldate omsingel. En Ek sal jou aan hulle oorgee sodat hulle met jou kan doen wat hulle wil.