Ezekiel 23:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, o Oholiba, so sê die HERE HERE; Kyk, Ek sal jou minnaars teen jou verwek, van wie jou verstand vervreemd is, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom, Oholiba, so sê die oppermagtige Here: Ek stuur jou minnaars in wie jy ’n weersin gekry het as vyande teen jou. Hulle sal van alle kante af teen jou kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, o Oholiba, so sê die Here HERE: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring: |
| Afrikaans 1983 | “Daarom, Oholiba,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou jou minnaars in wie jy 'n teësin gekry het, teen jou aanhits, Ek bring hulle van alle kante af na jou toe; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, Oholiba,” so sê my Heer, die Here, “kyk, Ek gaan jou minnaars teen jou aanhits, hulle in wie jy 'n diep weersin gekry het. Ek gaan hulle van oraloor teen jou bring: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Oholiba, jy het dit gedoen, en daarom sal Ek nou die mense bring om jou aan te val. Jy was lief vir daardie mense, maar jy hou nou nie meer van hulle nie. Ek sal hulle van al die kante teen jou laat veg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël: “Oholiba, Ek gaan die mans by wie jy geslaap het, teen jou laat optrek. Hulle is die nasies wat jy weggejaag het omdat jy nie meer van hulle gehou het nie. |