Ezekiel 23:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het jy geroep om te dink aan die skandelikheid van jou jeug, deur jou spene te vermorsel deur die Egiptenaars vir die papa van jou jeug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, jy het gesmag na jou afskuwelike gedrag in Egipte toe jy jonk was, toe jy toegelaat het dat jy betas en geliefkoos word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy het na die skandelike daad van jou jeug verlang, toe die van Egipte jou boesem gedruk het om jou jeugdige borste ontwil. |
| Afrikaans 1983 | Ja, jy het bly terugverlang na jou afstootlike gedrag in jou jeug toe die Egiptenaars jou borste betas, jou jeugdige borste gestreel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy het die skandelike dade van jou jeug weer opgesoek, toe van die Egiptenare jou tepels gestreel, jou jong borste betas het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Oholiba, jy het verlang na die slegte dinge wat jy in Egipte gedoen het toe jy jonk was en toe hulle aan jou borste gevoel het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oholiba, jy het bly terugverlang na jou slegte gedrag toe jy in Egipte ’n jongmeisie was en die mans jou geliefkoos en met jou borste gespeel het.” |