Ezekiel 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sy het gesmag na hulle lieflings, wie se vleis soos die vleis van esels is, en wie se vloeiing soos die vloeiing van perde is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het sy agter haar minnaars aangeloop, wat so driftig soos donkie- en perdehingste was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde. |
| Afrikaans 1983 | Sy het gesmag na die wellustelinge onder hulle wat so goed bedeeld was soos donkiehingste en perdehingste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het gesmag na buite-egtelike verhoudings met hulle, hulle wie se organe soos dié van donkiehingste en wie se saadstorting soos dié van perdehingste is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy wou seks hê met die manne wat soos donkie-hingste en perde-hingste was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het nie teruggedeins van die slegste dinge nie. |