Ezekiel 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Babiloniërs het na haar in die bed van liefde gekom, en hulle het haar verontreinig met hulle hoerery, en sy is met hulle verontreinig, en haar verstand was van hulle vervreemd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het gekom en by haar kom slaap. Hulle het haar met hulle onsedelikheid kom besoedel. Later het sy ’n weersin in hulle gekry en haar verhouding met hulle verbreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak. |
| Afrikaans 1983 | en die Babiloniërs het na haar toe gekom en by haar geslaap en haar verontreinig met hulle onsedelikheid. Maar nadat sy van hulle onrein geword het, het sy 'n teësin in hulle gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Babiloniërs het na haar gekom ter wille van die liefdesbed. Hulle het haar verontreinig met hulle owerspel. Nadat sy •onrein geword het deur hulle, het sy 'n diep weersin in hulle gekry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het na haar toe gekom en hulle het by haar geslaap en haar onrein laat word. Maar nadat sy haarself onrein gemaak het met hulle, het sy nie meer van hulle gehou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En hulle het gekom en by haar geslaap. Hulle het haar vuil gemaak. Maar hierna het sy nie meer van hulle gehou nie. Sy het hulle weggejaag. |