Ezekiel 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy was lief vir die Assiriërs, haar bure, kapteins en owerstes wat pragtig geklee was, ruiters wat op perde ry, almal begeerlike jongmanne.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het na die Assiriërs gesmag, die aantreklike jong mans op trotse perde, goewerneurs en bevelvoerders in mooi klere. Almal van hulle was begeerlik.
Afrikaans 1933/1953 Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne.
Afrikaans 1983 Sy het gesmag na die Assiriërs, goewerneurs, ampsdraers, vegters met pragtige klere aan, ruiters te perd, almal uitgesoekte manne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na die Assiriërs het sy gesmag, na streekgoewerneurs en landvoogde, vegters wat weelderig geklee is, kavaliers wat op perde ry – almal aantreklike jong manne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy was verlief op die Assiriërs. Hulle was goewerneurs en hoofde wat naby haar was. Hulle het mooi klere gedra en hulle het op perde gery. Hulle was almal jongmanne, meisies het maklik verlief geword op hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy kon ook nie haar oë weghou van haar Assiriese bure nie. Sy het die aantreklike jongmanne op hulle sterk perde begeer, die kapteins en generaals in hulle mooi uniforms.