Ezekiel 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het haar naaktheid ontdek: hulle het haar seuns en haar dogters geneem en haar met die swaard gedood, en sy het beroemd geword onder die vroue; want hulle het oordeel aan haar voltrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het haar kaal uitgetrek en haar doodgemaak. Hulle het haar kinders weggeneem. Elke vrou in die land het van haar geweet: sy was die sondaar wat gekry het wat sy verdien het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het haar skaamte ontbloot, haar seuns en haar dogters weggeneem; maar haar het hulle met die swaard gedood, sodat sy 'n waarskuwende voorbeeld onder die vroue geword het, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek.
Afrikaans 1983 Hulle het haar klere uitgetrek, haar seuns en dogters weggevat en haar toe met die swaard doodgemaak. Die straf wat sy ondergaan het, het van haar 'n voorbeeld gemaak wat vrouens moes afskrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hulle wat haar naaktheid ontbloot het, haar seuns en dogters weggevat en haar met die swaard doodgemaak het. Sy was berug onder die vroue. Vonnisse is aan haar voltrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het haar kaal uitgetrek, hulle het haar seuns en haar dogters gevat en hulle het haar toe doodgemaak. Hulle het haar so swaar gestraf dat ander vroue bang geword het wanneer hulle haar naam hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hulle haar kaal uitgetrek en haar doodgemaak. En hulle het haar kinders as gevangenes saamgevat. Al die mense in die wêreld het van haar gehoor. Sy was die vrou wat gekry het wat sy gesoek het. Ek het haar vir haar slegte dade gestraf.”