Ezekiel 22:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In jou is manne wat sprokies dra om bloed te vergiet; en in jou eet hulle op die berge; in jou midde pleeg hulle skande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense kla mekaar valslik aan en sorg dat hulle onskuldig doodgemaak word. Jy is vol afgodsdienaars en mense wat afskuwelike dade pleeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Daar is mense in jou wat ander belaster om hulle dood te veroorsaak, wat aan die offermaaltye op die berge deelneem en wat afstootlike dinge in jou doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mense wat kwaad stook, is in jou, sodat bloed vergiet word. Hulle wat op die berge eet, is in jou. Skandelike dade doen hulle in jou midde: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense by julle wat sleg gepraat het oor ander mense sodat hulle moes sterf. Daar is mense wat op die berge offer-etes geëet het, daar is mense wat dinge gedoen het wat baie sleg is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense beledig mekaar en beskuldig mekaar vals. En hulle vals beskuldigings maak dat onskuldige mense tot die dood veroordeel word in die hof. Die mense wat in jou woon, Jerusalem, bring offers vir hulle afgode en hou aan om slegte dinge te doen, sonder ophou. |