Ezekiel 22:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In jou het hulle verlig deur vader en moeder; in jou midde het hulle verdrukking met die vreemde gehandel; in jou het hulle die wees en die weduwee gekwel.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle behandel julle pa’s en ma’s met minagting. Julle verdruk vreemdelinge wat tussen julle woon. Julle mishandel en onderdruk weeskinders en weduwees.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
Afrikaans 1983 Vader en moeder is in jou verag, die vreemdeling is verdruk in jou, die weeskind en die weduwee is mishandel in jou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vaders en moeders word in jou geminag; •vreemdelinge word uitgebuit in jou midde; vaderloses en weduwees word in jou verdruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gemaak of die pa’s en ma’s by julle nie belangrik is nie, hulle het die vreemdelinge by julle verdruk en hulle het die weeskinders en die weduwees by julle laat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle ignoreer julle ouers en het geen respek vir hulle oor nie. Julle mishandel die mense van ander lande wat by julle bly. Julle buit weeskinders en weduwees uit.