Ezekiel 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat naby is en die wat ver van jou af is, sal met jou spot, wat berug is en baie kwaad is.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense van naby en van ver sal met jou die spot dryf, stad vol onreinheid en verwarring.
Afrikaans 1933/1953 Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!
Afrikaans 1983 Dié wat naby jou is en dié wat ver van jou af is, sal vir jou lag. Jy gaan so erg te kere dat jou naam vuil geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié wat naby jou is en dié wat ver van jou is, lag jou uit – jy, met die besoedelde naam, jy, so vol paniek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volke sal almal vir julle lag, die volke wat ver van julle is en die volke wat naby julle is. Julle het verkeerde dinge gedoen, en almal praat sleg oor julle, julle het wilde en verkeerde dinge gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, mense wat jou ken en die ander wat jou nie ken nie sal oor jou lag. Want jy het so sleg opgetree dat die hele wêreld weet dat jou goeie naam daarmee heen is.