Ezekiel 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy het skuldig geword in jou bloed wat jy vergiet het; en jy het jou verontreinig met jou drekgode wat jy gemaak het; en jy het jou dae laat nader kom en tot by jou jare gekom; daarom het Ek jou gemaak tot 'n smaad vir die nasies en 'n bespotting vir al die lande.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is skuldig aan moord en afgodsdiens. Jou dag van vernietiging het aangebreek! Jy het aan die einde van jou lewe gekom. Ek maak jou iets waarmee mense oor die hele wêreld sal spot.
Afrikaans 1933/1953 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot 'n smaad vir die nasies en 'n spot vir al die lande.
Afrikaans 1983 jy staan skuldig aan die bloed wat jy vergiet het, jy is onrein deur jou afgode wat jy gemaak het. Jy het self jou oordeelsdag nader gebring en by jou einde uitgekom. Ek maak jou 'n spot onder die nasies; al die lande sal vir jou lag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) deur jou bloed wat jy vergiet het, is jy skuldig; deur jou afgodsbeelde wat jy gemaak het, het jy onrein geword. Jy het jou dag laat aanbreek, jy het jou jare bereik. Daarom lewer Ek jou uit aan bespotting deur die nasies, aan die spotlag van alle lande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is skuldig, want julle het mense vermoor. Julle is onrein, want julle het afgode gemaak. Julle het self die dag laat nader kom wanneer Ek julle sal straf, julle het self julle dood nader gebring. Daarom gee Ek julle vir die ander volke in al die lande sodat hulle vir julle kan spot en vir julle kan lag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy is vuil en sleg! Jy is skuldig aan al die moorde wat in jou gepleeg is en al die slegte dade wat voor afgode gedoen is. Nou het jou dag van vernietiging aangebreek! Jou dae is getel. Ek maak jou iets waaroor die hele wêreld sal lag en spot.