Ezekiel 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgestort; Ek het hulle verteer met die vuur van my grimmigheid; hulle eie weg het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom gaan Ek nou my wraak oor hulle uitgiet en hulle in die vuur van my woede verbrand. Hulle kry wat hulle verdien het, sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Daarom laat Ek my toorn oor hulle losbreek en vernietig Ek hulle met die vuur van my gramskap. Ek laat hulle kry wat hulle verdien,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom stort Ek my verontwaardiging oor hulle uit; met die vuur van my gramskap vernietig Ek hulle. Ek laat hulle optrede op hulle koppe neerkom.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het Ek hulle gestraf. Ek was kwaad en Ek het hulle laat sterf. Ek het hulle gestraf oor die dinge wat hulle gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom gaan Ek in my woede die stad vernietig. My woede sal soos ’n groot vuur wees wat alles verwoes. Hierdie stad se mense sal betaal vir al die slegte dade wat hulle gepleeg het. Hulle sal tot die laaste sent toe hulle skuld moet betaal,” sê die Here, Esegiël se God.