Ezekiel 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê dan: So spreek die HERE HERE: Die stad vergiet bloed daarin, dat sy tyd kan aanbreek, en sy maak afgode teen haar om haar te verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Stad van moordenaars, jy het die oordeel oor jouself gebring. Stad vol afgode, jy het jouself besoedel.
Afrikaans 1933/1953 en sê: So spreek die Here HERE: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!
Afrikaans 1983 Jy moet sê: So sê die Here my God: Stad wat bloed vergiet het in homself en so die oordeel oor hom gebring het, wat vir hom afgode gemaak het en so homself verontreinig het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Stad wat in haar midde bloed vergiet, sodat haar tyd aanbreek; wat afgodsbeelde in haar maak, sodat sy •onrein word;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die mense in die stad het mense vermoor, en nou het die tyd gekom om hulle te straf. Hulle het afgode gemaak en hulle het onrein geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En sê vir die stad die Here, die God van Esegiël, sê van haar: Jy is ’n stad waar mense doodgemaak word. Jy het voor afgode neergebuig wat jy self gemaak het.