Ezekiel 22:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die volk van die land het verdrukking en roof beoefen en die armes en behoeftiges vererg, ja, hulle het die vreemdeling onregmatig verdruk.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs gewone mense verdruk die armes, besteel behoeftiges en verdruk vreemdelinge sonder om die reg in ag te neem.
Afrikaans 1933/1953 Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.
Afrikaans 1983 Die burgers van die land verdruk en beroof mense. Hulle buit armes en mense in nood uit en hulle verdruk die vreemdeling asof daar geen reg bestaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk van die land buit mense uit en beroof hulle. Die magteloses en behoeftiges verdruk hulle, en vreemdelinge pers hulle af asof hulle geen regte het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die belangrike mense in die land het die mense bedrieg wat hulleself nie kan help nie en hulle het daardie mense se goed gevat. Hulle het slegte dinge gedoen aan arm mense, hulle het vreemdelinge verdruk en nie reg gedoen aan hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die man op straat beroof die arm mense. Hy besteel die mens wat behoeftig is. Hy lieg en bedrieg links en regs. Hy behandel vreemdelinge so sleg asof daar geen wet in die land is wat mense uit vreemde lande beskerm nie.