Ezekiel 22:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En haar profete het hulle met ongeharde klei gepleister deur tevergeefs te sien en vir hulle leuens te voorspel en gesê: So spreek die HERE HERE, terwyl die HERE nie gespreek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En jou profete maak gekraakte mure reg deur kalk daaroor te smeer. Hulle kondig gesigte aan wat hulle nie gesien het nie, en bring vals boodskappe. Hulle sê: ‘So sê die oppermagtige Here,’ terwyl die Here nie ’n enkele woord met hulle gepraat het nie!
Afrikaans 1933/1953 En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE -- terwyl die HERE nie gespreek het nie.
Afrikaans 1983 Die profete in die land pleister alles toe: hulle sien gesigte wat nie daar is nie, verkondig leuens as waarsêery en sê: ‘So sê die Here my God,’ terwyl Ek niks gesê het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy profete pleister alles vir hulle toe met kalk: Hulle sien vals visioene en voorspel leuens. Hulle sê altyd, ‘So sê my Heer, die Here, ’ terwyl die Here nie gepraat het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profete het nie gepraat oor die sonde van die mense nie, hulle het stilgebly daaroor. Hulle het gelieg en gesê Ek het vir hulle dinge gewys wat sal gebeur, hulle het gesê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hulle het gesê: ‘Die Here, Hy wat Here is, sê dit,’ maar die Here het dit nie gesê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mense wat vir die volk moes sê wat Ek beveel, vertel dat hulle dinge gesien het wat Ek nooit vir hulle gewys het nie. Hulle sê dinge wat Ek nie vir hulle gesê het nie. Hulle sê: ‘Wat ek sê, is wat die Here my God vir my gesê het om te sê!’ Maar die Here het nog nooit ’n enkele woord met hulle gepraat nie.