Ezekiel 22:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Haar vorste in die middel daarvan is soos wolwe wat die prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele te vernietig, om oneerlike wins te verkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou leiers is nes wolwe wat hulle slagoffers uitmekaarskeur. Hulle vernietig mense se lewens vir wins! |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak. |
| Afrikaans 1983 | Die amptenare in die land is soos verskeurende wolwe. Hulle moor, hulle laat mense doodgaan, hulle maak oneerlike wins. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •hoë amptenare van die land is in hom soos wolwe wat 'n prooi verskeur – om bloed te vergiet en lewens te vernietig, sodat hulle onregverdige wins kan maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare in die land is soos wolwe wat diere doodbyt en hulle bloed laat vloei. Hulle vermoor mense om daardie mense se goed te kan vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense wat in julle land regeer, is soos wolwe wat iets vang en dit verskeur. Hulle vang mense en skeur hulle stukkend om geld daaruit te maak. |