Ezekiel 22:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Haar priesters het my wet oortree en my heilige dinge ontheilig; hulle het geen onderskeid gemaak tussen heilig en onheilig nie, en hulle het geen verskil gemaak tussen onrein en rein nie, en hulle oë verberg vir my sabbatte, en ek is ontheilig tussen hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou priesters steur hulle nie aan my wette nie. Hulle onteer dinge wat vir My heilig is, en maak nie ’n onderskeid tussen wat heilig en onheilig is nie. Hulle leer ook nie die mense wat die verskil tussen rein en onrein is nie. Hulle steur hulle nie aan my Sabbatdae nie. Mense minag My deur wat hulle doen.
Afrikaans 1933/1953 Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
Afrikaans 1983 Die priesters in die land doen my wet geweld aan en hulle ontwy wat aan My gewy is. Hulle maak nie onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie, en hulle ken nie die onderskeid tussen rein en onrein nie. Vir my sabbatte gee hulle niks om nie. So word Ek tussen hulle oneer aangedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy priesters doen my wet geweld aan; hulle ontheilig wat vir My heilig is; tussen wat heilig en wat onheilig is, maak hulle geen onderskeid nie; die verskil tussen rein en onrein maak hulle nie bekend nie. Vir my Sabbatte sluit hulle die oë, en my heiligheid word aangetas onder hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters het my wette verkeerd verduidelik. Hulle het my gewyde dinge ontwy, hulle het nie die gewyde dinge apart gehou van die dinge wat nie gewy is nie, hulle het nie vir die mense geleer wat is rein en wat is onrein nie. Hulle maak of die Sabbatdag dieselfde is soos 'n ander dag. Hulle dink nie meer Ek is heilig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Selfs die mense wat in my diens is, steur hulle nie aan wat Ek vir julle sê nie. Hulle maak net wat hulle wil. Die goed wat aan My behoort, smeer hulle vuil. Vir hulle is daar nie meer ’n verskil tussen wat aan die Here behoort en dit wat onrein is nie. En hulle leer ook nie vir gelowiges wat die verskil is tussen wat aan die Here behoort en wat vuil is nie. Hulle doen enigiets op die sewende dag, ’n dag wat eintlik aan My behoort. Mense het geen respek meer vir My nie.