Ezekiel 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is 'n sameswering van sy profete in die middel daarvan, soos 'n brullende leeu wat die prooi verskeur; hulle het siele verslind; hulle het die skat en kosbare dinge geneem; hulle het haar daarbinne baie weduwees gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou leiers smee komplotte in jou, nes leeus wat hulle prooi bekruip. Hulle vreet onskuldige mense op en vat hulle skatte en rykdom vir hulleself. Hulle maak baie vroue weduwees.
Afrikaans 1933/1953 'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.
Afrikaans 1983 “Die regeerders in die land sweer saam en is soos brullende leeus op vangste uit. Hulle vreet mense op en vat die rykdom en kosbaarhede vir hulleself, hulle maak baie vrouens in die land weduwees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wie se leiers in hom soos brullende leeus is wat 'n prooi verskeur – lewens verslind hulle; skatte en kosbaarhede vat hulle; weduwees in die land maak hulle meer.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers wat oor die land regeer, is soos leeus wat brul en alles doodbyt. Hulle het mense doodgemaak en hulle het die kosbare goed vir hulleself gevat, hulle het baie vroue in die land weduwees laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mense wat in julle land regeer, is soos leeus wat loop en brul en op soek is na iets om te vreet. Hulle vang onskuldige mense en vreet hulle op, want hulle wil hierdie mense se besittings steel. Hulle maak baie vroue in die land se mans dood.